Lyrks
Lyrks
Sign In
Cover Art

Kulkuns Lyrics by Bittereinder

2013

[Afrikaans]

[Chorus]
Dis kulkuns, meisie, hy’s ‘n woordesmous
Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous

Dis kulkuns, meisie, hy’s ‘n woordesmous
Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous

Dis kulkuns,dis kulkuns,Dis kulkuns,Dis kulkuns

[Verse 1 / Vers 1]
Ek’t ‘n seemonster verdrink en hom laat sink in ‘n tsunami
In die kloosters van die Ooste het ek geleer van origami
In die Russiese winter het ek met wolwe gestoei
Met my rewolwer het ek al 22 cowboys laat bloei
Ek was ‘n sluipmoordenaar in Suid-Amerika in die tagtigs
En ‘n slipdraer by Fyodor Dostoevsky se begrafnis
Ek’t al liedjies gesing saam met Chris Chameleon
En in Holland langs die see van ‘n toring afgespring
Ek het meerminne bemin in Skandinawiese waters
En in Granada gedraai met die fraai Flamenco dansers
In Kanada se baaie het ek salm met die palm gevang
En groot sesse gemoer van Muralitharan met een hand
In Nieu Seeland se reënwoud het ek Kiwi’s gejag
En ek het al grappies gemaak wat Corné en Twakkie laat lag
Maar na al my avonture moet ek nou doodeerlik sê
Jy’s mooier as dit alles, dis vir jou wat ek wil hê

[Chorus]
Dis kulkuns, meisie, hy’s ‘n woordesmous
Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous

Dis kulkuns, meisie, hy’s ‘n woordesmous
Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous

Dis kulkuns,dis kulkuns,Dis kulkuns,Dis kulkuns

[Verse 2/ Vers 2]
[Chris Chameleon]
Jy is die begin van alles sedert die einde van my vorige bestaan
Wat nou oneindig ver weg voel sedert die dag wat jy aan die tralies van my hart kom raak het
Dis nie regtig my styl nie my maar ek voel my onteenseglik genoop om jou te besing
Met my hele wese te bemin en as ek mag te be-tas
En ek sal jou nooit laat gaan nie as ek jou net eers vas kan hou
Want ek weet nou hoekom ek hier geplaas is
In ‘n wêreld waar alles net ‘n geroesemoes en ‘n geraas is
Sodat my lot met joune verstrengel kon raak
En dit alles oplaas vir die eerste keer sin kon maak
Een volledige geheel twee lewens word een
Saam teen die wêreld daarbuite...watter wêreld?
Daar is geen ander wêreld nie, net die een waarin ek my met jou bevind
Ek sien en ek hoor en ek weet van geen ander nie
En niemand en niks kan dit ooit verander nie
Want dis net jy en ek en ek en jy

[Chorus]
Dis kulkuns, meisie, hy’s ‘n woordesmous
Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous

Dis kulkuns, meisie, hy’s ‘n woordesmous
Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous

Dis kulkuns,dis kulkuns,Dis kulkuns,Dis kulkuns

Ai, meisiekind, as jy maar net vir jouself kon dink
Die man se woorde het minder inhoud as die wind
Hy rek sy bek, maar hy’s net ‘n wolf wat verslind
Hy sit sy hoed so eenkant toe, maar eieroem stink

Ai, meisiekind, as jy maar net vir jouself kon dink
Die man se woorde het minder inhoud as die wind
Hy rek sy bek, maar hy’s net ‘n wolf wat verslind
Hy sit sy hoed so eenkant toe, maar eieroem stink

About “Kulkuns” by Bittereinder

Read the complete lyrics to "Kulkuns" by Bittereinder in 2013. On Lyrks you can follow along with the full text, explore the artist's discography, and discover related songs. The track is often categorized under Afrikaans, South Africa, Rap.

"Kulkuns" is performed by Bittereinder. in 2013 This page provides the full lyric text for fans who want to sing along, study the songwriting, or compare versions across releases. Lyrks organizes lyrics by artist and song slug so you can bookmark and share a stable URL. Music lyrics help listeners connect with emotion, narrative, and rhythm in a track. Whether you are learning English, researching a favorite chorus, or preparing for karaoke, having accurate line breaks and section labels (verse, chorus, bridge) makes the experience easier. We link to the official artist profile on Lyrks where available, including biography snippets, top songs, and chart placements when we have that data. If you enjoy "Kulkuns", explore more songs by Bittereinder using the links below. Chart and trending pages on Lyrks highlight what listeners are searching for this week. For copyright or correction requests, see our DMCA and contact pages.

View all songs and biography for Bittereinder · Trending lyrics · Billboard Hot 100

Frequently asked questions

"Kulkuns" is credited to Bittereinder. Songwriting credits may include additional writers listed on the release; check the credits section on this page for linked collaborators.

Album information for "Kulkuns" is not available in our database yet. You can still read the full lyrics on this page.

Visit the Bittereinder artist page at /artist/bittereinder for biography, popular tracks, and links to more lyric pages.

Lyrks
Lyrks

Your gateway to the world of music lyrics.

Product

Features

© 2026 Lyrks. All rights reserved.